Stade de France

Stade de France
UEFA
Bynaam Saint-Denis
Ligging Saint-Denis, Frankryk
Koördinate 48°55′28″N 2°21′36″O / 48.92444°N 2.36000°O / 48.92444; 2.36000
Eienaar Franse staat
Operateur Consortium Stade de France (tot 2025)
Kapasiteit 81 338 (rugby en sokker)
75 000 (atletiek)
90 000 (konserte)
Oppervlak Gras
Konstruksie
Eerste sooi gespit 2 Junie 1995
Gebou 1995
Geopen 28 Januarie 1998
Boukoste € 364 miljoen
Argitek Michel Macary
Aymeric Zubléna
Michel Regembal
Claude Constantini
Huurders
Frankryk (Sokker)
Frankryk (Rugby)
Stade Français (sommige wedstryde)
Racing Métro 92 (sommige wedstryde)

Die Stade de France (Frans: [stad də fʁɑ̃s], letterlik: "Stadion van Frankryk") is 'n sokker- en rugbystadion in Saint-Denis, Frankryk, net noord van Parys.

Die kerk Sacré-Cœur met die Stade de France in die agtergrond
Binnekant van die Stade de France in 2003

Dit het sitplek vir ongeveer 80 000 toeskouers en is die grootste stadion in Frankryk. Die stadion is ingehuldig op 28 Januarie 1998 met 'n sokkerwedstryd tussen Frankryk en Spanje. Die stadion, wat vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 gebou is, is ook ontwerp vir ander sportsoorte, soos rugby, atletiek, motorrenne asook konserte en ander groot opvoerings. Dit word deur die Franse rugbyspan tydens die Sesnasies-toernooi en ander internasionale wedstryde gebruik.

Die Franse sokkerspan gebruik die stadion ook vir byna alle vriendskaplike wedstryde en dit was in dié stadion dat die span Brasilië 3–0 geklop het in die eindstryd van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998. Parys se hoofrugbyklub, Stade Français, het in die afgelope aantal jare ook die stadion gereeld as tuisveld gebruik. Die Stade de France dien verder elke jaar as die terrein vir die Top-14 Franse binnelandse rugbykampioenskap, die Coupe de France-sokkerbekertoernooi en die Franse sokkerligabeker. Die Stade de France het die afgelope drie jaar as gasheer vir die Race of Champions opgetree. In 2007 is verskeie wedstryde van die Rugbywêreldbeker, insluitende die eindstryd wat deur die Springbokke teen Engeland met 15–6 gewen is, hier beslis. Daarmee het die Stade de France die eerste stadion in die wêreld geword wat beide 'n Sokker-Wêreldbekertoernooi- en 'n rugbywêreldbekereindstryd aangebied het. In 2023 is ook verskeie wedstryde van die Rugbywêreldbeker, insluitende die eindstryd wat deur die Springbokke teen Nieu-Seeland met 12–11 gewen is, hier beslis. Daarmee het die stadion ná Edenpark in Auckland en Twickenham in Londen die derde rugbystadion geword wat die rugbywêreldbekereindwedstryd vir meer as een keer gehuisves het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search